Hallo geseende vrou van God.Graag sal ek jou wil vertel van hoe jou kamp my lewe verander het.

Verlede jaar Januarie 2015 het dit baie sleg gegaan in my lewe. My besigheid was besig om onder te gaan en ek en man het ernstige huweliks probleme gehad.

Ek het in myself getwyfel en nie geweet herwaarts of derwaarts nie.

Een oggend kry ek ‘n e-pos van jou af wat die kamp datum deur gee. Ek het dadelik geweet dat dit ‘n uitnodiging van God af is en dat ek dit moet bywoon.

Ek het stil geword en gehoor ek moet in pewter werk. Verder het God vir my die vrou gewys wat ek moet maak. Nooit in my lewe het ek geweet dat ek in staat was om so iets te kon doen nie.

By die kamp het God op Sy sagte manier vir my gewys hoe kosbaar ek vir hom is. Hy het my kom herstel so tussen die berge en waterval.

Ek moes almal vergewe, my “klippe’ op die altar kom neersit en vergewe.

Ek wou nie Sondag huis toe gaan nie. By die huis was al die ‘probleme’.

Terug by die huis was ek ‘n ander vrou. Ek het my “swaard’ op die plaas gekry en moes hom hier in Gauteng kom gebruik.

By die 2de kamp het my man saam met my gekom. Die oorlogvoering is nie maklik nie maar ek kan altyd terugdink aan ‘n kamp in Clarens waar God my heelgemaak het.

Vry om in Sy wil verder te stap sonder om weer in myself te twyfel.

Dankie vir die instrument wie jy is in God se hand.

Liefde

Sharon