Baie dankie vir die spesiale naweek van seën. Vader het regtig ‘n afspraak met my gehad. Ek sien nou hoe Hy tekenklasse gebruik het om my oë oop te maak anders sou ek hierdie naweek gemis het. Ek waardeer dat julle my toegelaat het om net te wees en nie te druk om te “perform” nie. Ek maak maar baie stadig oop vir so ‘n kort naweek, so die meeste van my binnekant bly maar ‘n geheim!
God het met my kom werk, my stilte gegee, my laat rus. My rus gegee van frustrasies en versoekings en Hy was sommer net “nice” met my. Hy het ook dinge kom oopbreek en meer rigting gegee.
Markus 6:31 Hy sê toe vir hulle: “Kom julle alleen saam na ‘n stil plek toe en rus ‘n bietjie.”
As mense so saam in die teenwoordigheid van die Here was dan kom hierdie vers altyd by my op:
Mal 3:16 Toe het die wat die Here vrees, met mekaar gespreek; en die Here het dit opgemerk en gehoor, en daar is ’n gedenkboek voor Sy aangesig geskrywe vir die wat die Here vrees en sy Naam eer.
Weereens baie dankie.
Ben Calitz